Bynaam | The Stars and Stripes Red, White and Blue Old Glory,[1] The Star-Spangled Banner |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 10:19 |
Goedgekeur | 14 Julie 1777 (oorspronklike 13-ster weergawe) 4 Julie 1960 (huidige weergawe) |
Ontwerp | Dertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met 50 sterre in die skildhoek. |
Gebruik | Oorlogsvlag |
Verhouding | 1:2 |
Die nasionale vlag van die Verenigde State is op 4 Julie 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon dertien ewe horisontale bane afwisselend in rooi (bo en onder) en wit met ’n blou reghoek (waarna spesifiek verwys word as die "unie") in die skildhoek waarop daar 50 klein, vyfpuntige wit sterre, gereël in nege afwaartse horisontale rye, waar rye van ses sterre (bo en onder) met rye van vyf sterre afwissel. Die 50 sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Deelstate van die Verenigde State van Amerika en die 13 bane staan vir die 13 Britse kolonies wat hul onafhanklikheid van die Koninkryk van Groot-Brittanje verklaar en sodoende die eerste deelstate van die Verenigde State geword het.[2] Byname vir die vlag sluit in Stars and Stripes ("sterre en bane"),[3] Old Glory ("ou glorie"),[4] en die Star-Spangled Banner ("sterbesaaide banier"). Volgens Artikel 2 van die Amerikaanse vlagwet word na die goedkeuring van ’n nuwe deelstaat vanaf die volgende 4 Julie (Onafhanklikheidsdag) ’n verdere ster bygevoeg.[5]
Die kleure rooi, wit en blou is van die Union Jack as vlag van die Britse kolonies in Noord-Amerika ontleen. Die kleure het die volgende simboliek: wit vir suiwerheid en onskuld (purity and innocence), rooi vir dapperheid en veerkragtigheid (valor and hardiness) en blou vir waaksaamheid, deursettingsvermoë en geregtigheid (vigilance, perseverance, justice).
Die volkslied van die Verenigde State, The Star-Spangled Banner, verwys na die vlag van die Verenigde State. Op 14 Junie word die vlagdag (Flag Day) gevier, hoewel dit net in Pennsilvanië en Amerikaans-Samoa (op 17 Junie) ’n openbare vakansiedag is.